Advertorial Gallery Video
BESIGHEIDSNUUS EN VIDEO - Net 18km vanaf Hartenbos op die R328 in die Ruiterbos-omgewing en 48km vanaf George lughawe kan besoekers by die Outeniqua Game Farm van die beste organiese vleise soos bees-, skaap-, bok-, vark-, hoender- en wildsvleis by die slaghuis op die perseel koop.
Elkeen van hierdie vleissoorte asook seisoenale geregte word op unieke vleisborde (platters) by die restaurant, Bow & Arrow op die plaas bedien en eienaars, Clint en Kerryn Smith nooi die publiek uit om dit gerus ook hier te kom geniet.
FOTOGALERY: Outeniqua Game Farm
Dié spogrestaurant kan 130 persone binnenshuis huisves. Vir die vegetariërs is daar ‘n groentebord, met heerlike vars groente van die plaas en omliggende plase. Indien jy na so heerlike platter steeds ‘n plekkie vir iets soets het, is die verruklike nageregborde net die ding.
VIDEO - Outeniqua Game Farm bied groot verskeidenheid vir almal (Video: Jannie du Plessis, Mossel Bay Advertiser).
Hierdie unieke bordgeregte is genoeg vir twee persone tot ‘n hele groep. “Koop jou vleisie hier, kry jou drankie by die gelisensieerde kroeg en kom braai sommer jou vleisie by die fasiliteite beskikbaar of ons braai dit vir jou. Eet ‘n ontbyt of smul aan ‘n burger of iets lig vir middag-ete,” nooi Clint en Kerryn.
Pensionarisse kan gerus Woensdae ‘n draai maak om vir hulself te sien wat alles gebied word. Kinders het ‘n speelpark wat hulle besig kan hou en met verskeie mak diere op die plaas is dit ‘n goeie leerskool vir die stadsjapies.
Foto: Verskaf
‘n Verskeidenheid wildsoorte kan ook besigtig word. Verskeie funksies van kinderpartytjies tot troues, potjiekosaande, rugby-kyk, lewendige musiek en en langarm dansaand is maar ‘n paar aktiwiteite wat aangebied word.
Met ‘n pyl-en-boogklub op die perseel asook binnekort ‘n skiet- en verfbalbaan, ‘n haarsalon, curio-winkel en talle natuuraktiwiteite om te doen is daar iets vir jonk en oud om te geniet.
Besoek ons Facebook of kontak ons op 072 583 2195 vir meer inligting.
Foto: Jannie du Plessis
Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'