Advertorial Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - 'n Gevestigde prokureursfirma op Mosselbaai, Oosthuizen Marais & Pretorius Ing, oftewel OMP, het weer vollle mannekrag nadat twee van die firma se direkteure oorlede is.
Die firma se personeel en kliënte het in 2021 tragies van beide Danie Pretorius (62) en Bertus du Toit (46) afskeid geneem.
Die firma het intussen twee nuwe prokureurs, Etienne van Zyl en JJ van der Berg aangestel en bestaan weer, soos voorheen uit 'n span van vyf regskenners.
Van Zyl en Van der Berg kom beide van Bloemfontein. Van Zyl het eiendom op Mosselbaai en ken dus die dorp. Hy was vir meer as dertig jaar 'n direkteur van een van die grootste prokureursfirmas in Bloemfontein en is tans in beheer van die firma se Hooggeregshof afdeling.
Van der Berg is die firma se jong bloed en is werksaam in die aktesafdeling.
Nico Marais, een van die direkteure sê die span gaan van krag tot krag.
"Naas die nuwe aanstellings fokus Anna-Marie Pretorius steeds op trusts, testamente en beredder bestorwe boedels. Maurice Ellis is in beheer van die invorderings- en landdroshof afdelings en met 'n meestersgraad in arbeidsreg hanteer hy alle arbeidsreg kwessies" sê Nico.
Hierdie dinamiese span bied iets vir elke kliënt en is 'n alles-in-een firma met 'n gevestigde personeel.
Die firma se span bestaan uit Etienne van Zyl, Anna-Marie Pretorius, Nico Marais, Maurice Ellis en JJ van der Berg.
OMP is die enigste firma in die Mosselbaai-omgewing wat deel is van die nasionale Phatshoanehenney groep wat bestaan uit 'n verskeidenheid prokureursfirmas, wat almal onafhanklik praktiseer maar 'n gedeelde belang handhaaf.
VIDEO: Oosthuizen, Marais & Pretorius Prokureurs
Nico sê daar is dus geen aangeleentheid waarmee OMP 'n kliënt nie sal kan bystaan nie.
"Indien 'n kliënt hulp nodig het in enige regsaspek wat ons paneel kenners nie in spesialiseer nie, tree ons as 'n middelman op en kry die nodige bystand van die assosiasie. Ons kan dus met enige regskwessie van hulp wees," sê Nico.
OMP het in 2021 'n goue toekenning vir puik dienslewering vanaf die Phatshoanehenny groep ontvang.
Die firma bied reeds vir 70 jaar professionele regshulp aan Mosselbaaiers.
Die firma is sentraal in Voorbaai geleë. Kliënte kan 'n warm ontvangs en goeie diens by hul aankoms te wagte wees.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'