Sponsored Content
BEST OF MOSSEL BAY WENNER - Uit ons kleine kombuis van jou gunsteling bakkery met 'n uitsig, het ons vanjaar ons baan weg gebak en verower daardeur die titel as Beste Bakkery in ‘Best of Mossel Bay Readers’ Choice’-toekenning!
De Kleine Loerie, 'n uitbreiding van die geliefde Loerie Bakkery, is op die R102 by Klipheuwel, Kleinbrakrivier geleë.
Dit is vir ons 'n heerlike voorreg om saam met jou De Kleine Loerie groot te maak, en daarmee saam die gemeenskap met liefde en kwaliteit te bedien. Van ons alombekende ‘Sugar Tee’s’ en geurige beskuit regdeur tot by ons ‘Build-a-Broodjie’ en koffie wat soos kuns bedien word, bly die lekkerste lekker om die gebak op ons stoep saam met die uitsig te geniet.
Ons staan dankbaar-verstom oor elkeen wat De Kleine Loerie hul eie gemaak het! Selfs lekkerder as hierdie gesogte toekenning, is die wonderlike vriendskapsbande wat ons smee.
Baie dankie
Dit is vir ons die grootste voorreg om te getuig dat 'n klein begin, werklik groot vrug afwerp! Ons stap met groot dankbaarheid die bakkery-pad saam met julle. Dankie dat ons julle keuse mag wees. Dit laat 'n blywende nasmaak van soet waardering by ons.
Ons is in die besonder dankbaar vir elke werker wat die bakkery soos huis laat voel.
Mag ons nog vele jare saam op die stoep kuier, en mag ons nog jare saam getuig oor Goedheid wat nie opraak nie.
Besoek ons gerus
Die De Kleine Loerie-span staan daagliks gereed om jou te bederf met 'n nasmaak van soet waardering by ons. Ons het heerlike tuisgebak, van die beste koffie in die tuinroete en 'n pragtige uitsig. Ons kan nie wag om jou te verwelkom nie.
Nogmaals baie, baie, dankie vir die ondersteuning en elke stem in ons guns!
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’