Advertorial Video
MOSSELBAAI SAKENUUS EN VIDEO - Die man-vrou-kombinasie wat aan die stuur van sake by RP van der Merwe Prokureurs en Eiendomme staan, is meer as net vennote.
Dié egpaar, wat onlangs vanuit Pretoria in Mosselbaai hervestig het, het gedurende die grendeltydperk besef presies hoe goed hulle mekaar professioneel kan aanvul.
Roemé werk reeds 12 jaar in die regswêreld en het in 2015 besluit om haar eie regspraktyk te open.
Paul se agtergrond en ryke ervaring lê in administratiewe, finansiële en personeelbestuur.
Toe Paul en Roemé deur die nasionale inperking genoop was om saam 'n tuiskantoor in te rig, was hulle pad vorentoe duidelik uitgestip.
Bo en behalwe 'n verskeidenheid regsdienste, dien RP van der Merwe Prokureurs ook as 'n eiendomsagentskap.
Hulle regsdienste sluit in die hantering van siviele, sowel as kriminele sake, asook alle regswerk met betrekking tot eiendomstransaksies. 'n Verdere groot fokus en passie is familiereg en arbeidsreg.
"Dit is beslis tot voordeel van kliënte, veral wat eiendomstransaksies betref, dat ons agentskap en die praktyk by een adres is. Alle dienste en navrae kan dus hier op een plek gerieflik en vinnig hanteer word."
RP van der Merwe Prokureurs wil 'n persoonlike en effektiewe diens aan hulle kliënte lewer. "Deel van die Gauteng-praktyk se sukses, is die persoonlike betrokkenheid by ons kliënte.
Ons werk vinnig en deeglik. Dis die tempo waarvan ons hou."
RP van der Merwe Prokureurs is geleë in die Dias Office Park, kantoor 7, Beach Boulevard.
Kontak Roemé (073 807 1541 of roeme@rp-law.co.za) of Paul (083 341 6628 of paul@rp-law.co.za). Besoek hulle ook aanlyn – www.rp-law.co.za)
Kyk 'n video hieronder:
Vir Paul en Roemé van der Merwe, het Covid-19 gewys presies hoe goed hulle hul professionale kragte kan saamspan.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'