Advertorial Video
SAKENUUS - Wil jy jou liggaam in top-kondisie kry maar jou oefentyd is beperk? Soek jy vinnige en effektiewe resultate? Body20 op Voorbaai in Mosselbaai is die sleutel tot 'n gesonde oefenroetine.
Doeltreffende fiksheid en gewigsverlies word deur Body20 se opgeleide en passievolle personeel verseker.
Dit is tot 150 keer meer effektief as tradisionele oefening. Boonop vat dit slegs 20 minute per oefensessie en afhangend van die omvattende toets wat 'n volledige uiteensetting van elke kliënt se liggaam gee, sal die opgeleide personeel aanbeveel of jy een of twee keer per week moet oefen.
Die toets is geskik vir almal, behalwe as jy 'n pasaangeër of elektriese inplanting het.
Body20 bestaan uit Elektrospierstimulasie (EMS) en is 'n vorm van spierstimulasie deur pynlose, elektriese impulse te gebruik. Vir die doel van kragoefening en fiksheid, herhaal Body20 se EMS-masjiene die sentrale senuweestelsel se reaksie om elektriese impulse vir vinnige spiersametrekking te aktiveer.
Omdat die elektromagnetiese tegnologie meer spiervesels, in 'n korter tyd aktiveer, beteken dit jou spiere werk harder tydens die 20 minute oefensessie. Dit is nie 'n klug nie - dit is net meer doeltreffend. Die perseel by Body20 is silwerskoon. Covid-19 maatreëls geld en die toerusting word gedurig ontsmet. Twee mense kan gelyktydig in die studio oefen. Daar is ook 'n netjiese badkamer en storte sodat jy direk na dit werk toe kan gaan.
Boonop het die eienaars, Monique Smith en Koos Meyer 'n holistiese benadering.
VIDEO: Body 20 - a stronger, fitter you
Body20-lede ontvang deurgaans gratis gesondheidsadvies deur 'n dieëtkundige en gesondheidsinstrukteur. Body20 stap 'n pad saam met jou en ondersteun jou met eetplanne, aanvullingsadvies en gesondheidsafrigting sodat jy in 'n minimale tydperk jou fiksheidsdoelwit kan bereik.
Vir meer inligting skakel 079 773 7773 of 082 061 5124. Kontak die studio vir afslag tariewe gedurende November.
Sluit aan teen einde November en staan 'n kans om 'n wegbreek vir twee na die Maldives te wen.
Die studio is geleë by 6 Trimenco Park, 11 Parsons Street, Voorbaai, Mosselbaai.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'