Advertorial
PROMOSIE-ARTIKEL - Op 'n dorp met koffiewinkels te kies en keur spreek jou sukses vanself as jy al vir 'n dekade lank in dié bedryf volhou.
Coffee@Work in Marshstraat vier op 4 Mei presies dit: sy 10de verjaardag.
Sonder die mense wat al van dag een af vir hulle daar was sou die afgelope 10 jaar natuurlik nie moontlik gewees het nie.
Dié lojale ondersteuners ontvang as deel van die viering elk 'n spesiale geskenk vir hul bydrae tot dié onderneming se sukses.
Die eienaars van Coffee@Work, Hennie en Soney Muller, sê die koffiewinkel is gebore uit 'n behoefte wat Hennie geïdentifiseer het.
Hulle kon nooit net vinnig êrens iets gesond en in die verbygang kry om te eet nie, en het daar en dan besluit om self so 'n plek oop te maak - en alles word ín die winkel gemaak.
Hulle het klein begin en oor die afgelope paar jaar lekker uitgebrei om 'n bietjie meer sitplek te verskaf en ook die opsie van aflewering aan te bied.
Soney sê hulle het beslis hul eie oorspronklike verwagtinge oortref, maar soos die jare aangaan droom 'n mens al hoe groter, so wie weet wat die toekoms inhou?
Die Cofffee@Work-span is ook verlede jaar gedurende die Best of Mossel Bay-kompetisie as die beste koffiewinkel op die dorp aangewys. Soney sê dit is beslis te danke aan al die hande in hulle onderneming. "Dis 'n span, dis nie net ek en hy."
Hulle het ook 'n spesiale dankie aan Stefan Jamneck van die Sugarbird Coffee Company uitgereik. Hy verskaf al van dag een af nie net bone aan hulle nie, maar ook waardevolle raad.
Laastens bedank die span ook vir Lynette Calitz en Tobie Potgieter, die verhuurders, en bowenal die Hemelse Vader vir Sy genade en seëninge.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’