Advertorial
MOSSELBAAI SAKENUUS - Dr Uys Keyser, ‘n boorling van Heidelberg waar hy 13 jaar ‘n mediese praktyk bedryf het, is nou in Mosselbaai – wéér in sy eie praktyk, wat sedert Maandag, 6 Mei pasiënte bedien.
Nadat dr Keyser sy studies aan die Universiteit Stellenbosch voltooi het, het hy ‘n draai in Mpumalanga gaan maak waar hy sy vrou ontmoet het. Daarna het sy loopbaan die paartjie vir ‘n paar jaar na Engeland en Ierland geneem. Met die nuus dat hulle eersteling op pad was, het sy Suid-Afrikaanse wortels, veral dié van sy komvandaan, Heidelberg, hom teruggeroep.
“Ek wou my kinders grootmaak op die plaas en met plattelandse waardes,” verduidelik hy, dié trotse pa van vier.
As ‘n ware gesinsman, was sy groterwordende kinders se behoeftes een van die beweegredes vir die skuif na Mosselbaai, waar hy in Februarie 2018 as ‘n lid van die Medicross Heiderand-span begin praktiseer het.
By dr Keyser se praktyk, Negende Laan 3 Da Nova, skuins oorkant Superspar, voel ‘n mens dadelik tuis aangesien hy en sy personeel ‘n besonderse warmte en menslikheid uitstraal. Van sy vorige pasiënte ry selfs vanuit Heidelberg om hom te kom sien vir afsprake.
“Ek hou van mense en ek hou daarvan om betrokke te raak. In my praktyk geld plattelandse waardes en warmte.”
Sommer met die intrapslag kan ‘n mens sien – hier gaan dit nie net oor medisyne nie. Dit gaan oor mense.
Dr Keyser se dienste sluit in:
- algemene ondersoeke, insluitend die behandeling en monitering van bloeddruk, suiker en cholesterol;
- EKG’s sowel as inspannings EKG’s;
- die opsit van gips, die insit en uithaal van steke;
- roetine ginekologiese ondersoeke; en
- die voltooiing van PDP-lisensievorms
Spreekure is:
- Maandag – Donderdag: 08:00-18:00.
- Vrydag: 08:00-17:00.
- Elke tweede Saterdag 09:00-12:00.
Kontaknommer: 044 690 4467.
E-pos: uyskeyser@mweb.co.za.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'