Advertorial
MOSSELBAAI SAKENUUS - Johan Brink Makelaars in Montagustraat, Mosselbaai, is 'n betroubare en gevestigde naam in die korttermynversekeringsbedryf.
Ná wyle Johan Brink die besigheid in 2008 gevestig het, het Mariza van der Mescht in 2009 by hom aangesluit. Brink was goed bevriend met Piet Taute, 'n bekende in Mosselbaai vanweë sy jarelange betrokkenheid in kommersiële bankwese. Piet het sowat 18 maande gelede by Johan Brink Makelaars ingeskakel aangesien die twee manne se etiese benadering tot besigheid, so goed ooreengestem het.
Johan Brink Makelaars spesialiseer in persoonlike, landbou en kommersiële korttermynversekering, asook vir kontrakteurs.
Hulle doen ook reisversekering na die buiteland wat deesdae uiters noodsaaklik is.
Tussen Piet en Mariza, het hulle bykans 50 jaar ervaring in finansiële sektor.
Johan Brink Makelaars werk met produkte van Santam, Hollard en Old Mutual Insure wat aan kliënte opsies bied.
Volgens Martin Brink, wat 'n BComm-graad in regte asook 'n honneursgraad in BSc-rekenaarswetenskap het, was sy pa se etos dat goeie diens aan kliënte, altyd top prioriteit sal bly.
Martin skakel eersdaags in by die besigheid wat 'n groot aanwins vir die span gaan wees. Hy glo dat dit juis hierdie rede is waarom Piet Taute so goed by Johan Brink Makelaars inpas.
"Ons is bekend vir goeie diens," meen Piet onomwonde wanneer daar gevra word na die maatskappy se wenresep. "Ons is mens-georiënteerd, kliëntgerig en altyd beskikbaar. Ons wil dus voortgaan om goeie diens aan ons bestaande asook toekomstige kliënte te bied. Alhoewel die span Johan Brink se onlangse afsterwe betreur, beywer hulle hulself daarvoor dat die goeie naam wat hy gevestig het, bly voortleef. In die afsienbare toekoms, sal die maatskappy nóg in diensnemings doen.
"Ons bedank al ons kliënte vir hulle lojaliteit oor die jare heen wat die onderneming gemaak het wat dit vandag is. Groot dank ook aan almal wat gedurende hierdie moeilike tyd ondersteuning gebied het deur belang te stel en deur 'n oproep te maak."
Piet Taute, Martin Brink en Mariza van der Mescht van Johann Brink Makelaars hou die onderneming se goeie naam in die korttermynversekerings bedryf gestand.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'