Video
BESIGHEIDSNUUS EN VIDEO - Body20 op Voorbaai in Mosselbaai help jou om jou liggaam in topkondisie te kry, al is jou oefentyd beperk. Body20 gaan van krag tot krag en doeltreffende fiksheid en gewigsverlies word verseker vir toegewyde kliënte. Daarvan kan die studio se tevrede kliënte getuig.
Dit is tot 150 keer meer effektief as tradisionele oefening.
Boonop vat dit slegs 20 minute per oefensessie en afhangend van die omvattende toets wat 'n volledige uiteensetting van elke kliënt se liggaam gee, sal die opgeleide personeel aanbeveel of jy een of twee keer per week moet oefen.
'n Kliënt van Body20, Adelai oefen gereeld daar en sê: "Dit neem nie baie tyd in beslag nie en is doeltreffend. Die toerusting is nuut en die personeel motiveer jou."
Body20 bestaan uit elektrospierstimulasie (EMS) en is 'n vorm van spierstimulasie deur pynlose, elektriese impulse te gebruik.
Vir die doel van kragoefening en fiksheid, herhaal Body20 se EMS-masjiene die sentrale senuweestelsel se reaksie om elektriese impulse vir vinnige spiersametrekking te aktiveer.
Omdat die elektromagnetiese tegnologie meer spiervesels, in 'n korter tyd aktiveer, beteken dit jou spiere werk harder tydens die 20 minute oefensessie.
Eienaars, Monique Smith en Koos Meyer sê daar is drie gesertifiseerde voltydse afrigters by Body20. Sedert Koos en Monique hul deure op Voorbaai in Oktober, 2021 geopen het, het die studio 'n konstante groei getoon.
VIDEO - Body20 se doeltreffende fiksheid en gewigsverlies in aksie:
"Ek is absoluut mal oor die gemotiveerde span en hul positiewe energie wat die oefensessie soveel lekkerder maak," sê nog 'n kliënt, Shiela.
JP oefen reeds agt weke by Body20 en het reeds 6kg verloor. Hy sê: "Ons het ons eie persoonlike fiksheidsinstrukteur twee keer per week en ek het lanklaas so goed gevoel. Die perseel is mooi skoon en netjies, daar is 'n ongelooflike lekker atmosfeer met lekker mense. Ek sal Body20 beslis aanbeveel."
Mosselbaaiers Carma en Jurgens aan die oefen in Body20 se studio op Voorbaai.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'