Met toenemende voorvalle waar winkelroof en veral sakesentrums deur misdadigers geteiken word, is dit kernbelangrik dat alle winkels se nakoming onfeilbaar sal wees.
Talle gevalle is opgespoor waar nooduitgange aan die buitekant of toegepak was, of dat gange wat na buite lei met trollies of ander toerus-
ting so volgepak was dat dit in noodtoestande nie bruikbaar sou wees nie. Daarbenewens is brandtoerusting nie noodwendig sigbaar binne winkels gewees nie, of doelbewus buite sig gestoor.
Brandbestryders Hein Botha en Werner Laufs het benewens die nagaan van noodsaaklike nakomingsprosedures ook winkeleienaars en -bestuur oor die korrekte prosedures toegelig en seker gemaak dat hulle presies weet hoe hul toerusting werk.

Buite dié nooduitgang het talle rommel die deur versper en sou die deur in 'n werklike noodgeval nie van binne die winkel oopgemaak kon word nie. Brandbestryders Hein Botha en Werner Laufs het die afgelope week inspeksies by plaaslike winkels gedoen om seker te maak hulle kom brandweerregulasies behoorlik na.
ARTIKEL EN FOTO'S: DAVE VAN DER MERWE, MOSSEL BAY ADVERTISER-KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'