Gedurende hierdie tyd het die winkel gegroei en die voorraadreeks ook aansienlik uitgebrei.
Aanvanklik is daar slegs op Christelike boeke en Bybels gefokus. Vandag sluit dit ook 'n wye verskeidenheid Christelike CD's en DVD's in van plaaslike, sowel as internasionale kunstenaars. Hier is ook pragtige geskenke met 'n Christelike tema beskikbaar, asook verskeie interessante geskenk-idees.
Dit sluit in penne met teksverse, tot T-hemde en pette.
Redding beskik oor 'n groot verskeidenheid Bybels, wat insluit Bybels in ons plaaslike tale, sowel as in Chinees, Russies, Spaans en onder andere Duits. Studiebybels, Konkordansies, Bybelkommentare, Bybelstudiegidse en ander naslaanbronne is ook beskikbaar by Redding.
Indien u 'n spesiale navraag het, sal die bekwame personeel van Redding hul bes doen om die publikasie vir u te bekom.
Ander Christelike lektuur sluit in die wye verskeidenheid Kinderbybels, kinderboeke, fiksie, biografieë en vele meer, in beide Afrikaans en Engels. Redding beskik ook oor 'n 'mini-biblioteek'.
Hierdie fasiliteit word moontlik gemaak deur skenkings van tweedehandse boeke wat vir hierdie doel aan Redding geskenk word. Kontak gerus een van die personeellede vir meer inligting hieromtrent. Hulle kontaknommer is 044 695 4353.
Vrydae is kuieroggend by Redding en die kliënte word bederf met koffie en koek. Daar word heerlik gekuier en nuwe vriende gemaak.
Daar is ook gereeld spesiale aanbiedinge wat help om 'n rand bietjie verder te rek. U word spesiaal uitgenooi om op 29 en 30 November 'n draai by Redding te maak vir hierdie maand se promosies.
Ten einde kliënte aan te spoor om ook by Bybelverspreiding betrokke te raak, ontvang elke kliënt met die aankoop van 'n Bybel ook 'n gratis NIV Compact Bible (SC) om uit te gee (aanbod solank voorraad hou).
Redding se winkel-ure is Maandae tot Vrydae 08:30 - 17:30 en Saterdae 09:00 - 13:00.
Barbara Weyer en haar personeel wil elke kliënt van Redding Boeke en Bybels bedank vir hulle getroue ondersteuning deur die jare.
Hier is ook pragtige geskenke met 'n Christelike tema beskikbaar, asook penne met teksverse, T-hemde en pette.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai | Tuinroete nuus'