Advertorial
MOSSELBAAI SAKE-NUUS - Sedert Junie heers daar groot opgewondenheid by die Pick n Pay in die Hartenbos Seefront Sentrum – die rede? 'n Splinternuwe Nissan Micra was op die spel vir een gelukkige kliënt wat vir R250 of meer aankope gedoen het!
Pick n Pay Hartenbos Seefront konsessiehouers Gert en Mariaan Kruger, is al vir die afgelope 20 jaar in die kleinhandel bedryf en sowat 10 jaar deel van die Hartenbos gemeenskap. Hulle is nou betrokke by die inwoners van Hartenbos en het onder meer 'n gemeenskapsprojek waar die betrokke instansies hulle strokies in gemerkte bussies in die winkel ingooi en dan 1% van die waarde van aankope terug ontvang. Dinsdae word 'n 5% afslag aan pensioenarisse aangebied.
Hoewel die Pick n Pay goed ondersteun word, word daar ervaar dat daar 'n perspepsie by die kliënte bestaan dat die pryse by Pick n Pay Hartenbos duurder is as by sy naamgenoot in die Langeberg Mall.
Ons wil die kliënte dus hiermee gerusstel dat alle pryse dieselfde is en dat al die aanbiedinge ook by hulle beskikbaar is. Alle Pick n Pay pryse is dieselfde en word deur die hoofkantoor vasgestel.
Die Hartenbos winkel is gerieflik in die Seefront sentrum geleë met volop parkering en maklik bereikbaar selfs vir gestremdes en bejaardes. Kraakvars groente en vrugte en 'n bakkery op die perseel voorsien in daaglikse vars gebak. Die vleissnitte is van die beste graad en word keurig deur die bekwame slaghuis personeel versnit.
Die splinternuwe Nissan Micra wat op die spel was.
Die vriendelike personeel is altyd beskikbaar om te help in die skoon en netjiese winkel.
Kompetisie
Die Nissan Micra wat op die spel geplaas is, is deur die vriendelike en bekwame Mosselbaai Nissanspan voorsien. Ander maatskappye wat betrokke was by die projek is Hartenbos Seefront, Unilever, Martin & Martin, Pioneer Foods en Twizza. Op Saterdag, 29 September om 12:00 het Johann Baker, as ouditeur, die prystrekking bestuur.
Daar is 10 gelukkige kliënte se aankoopstrokies getrek waarvan een die gelukkige wenner sou wees.
Almal het hul hoop op die oulike splinternuwe Nissan Micra gehad.
Daar is ook nege R500 koopbewyse aan die naaswenners gebied. Die trekking is deur 'n groot aantal mense bygewoon en uiteindelik het die 10 finaliste in afwagting gereed gestaan om hulle koeverte oop te maak.
Die gelukkige wenner, Esta Viljoen van Brand-wag was oorstelp met vreugde! Haar eerste woorde was: "Ek het die karretjie soooo nodig!"
Gert en Mariaan wil graag alle kliënte bedank vir hulle lojale ondersteuning.
Van links is Martin Fick, Antonie Herbst, Dewald Jansen van Vuuren, Rudi Strydom, Adri van Dyk, Mariaan Kruger, Gert Kruger en Johann Baker.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'