In die vroeë negentigs is dit verskuif na die huidige perseel langs die N2-snelweg.
Tydens TOTAL se jaarlikse konferensie, wat onlangs in Kaapstad gehou is, is twee van TOTAL Groot Brak se 'supervisors' met langdiens toekennings vereer: Moira Draai vir 21 jaar getroue diens en Donovan Groenewald vir 20 jaar.
Die twee vriendelike gesigte het al met die jare 'n algemene kenmerk van TOTAL Groot Brak se goeie diens geword. Menige huidige rybaan assistent (pompjoggie) is in die loop van die jare deur hierdie twee bekwame 'leermeesters' opgelei. Almal by die vulstasie kyk op na hulle en is baie trots op hulle. Groot dank en waardering word vir hulle uitsonderlike getrouheid en navolgenswaardige diens uitgespreek.
STEERS Groot Brak wen prys
Die STEERS op Groot-Brakrivier is onlangs as 'n Wes-Kaapse streekwenner aangewys. Die kompetisie is gegrond op maandelikse onaangekondigde evaluerings deur personeel van die Famous Brands hoofkantoor, asook van sogenaamde 'Mystery Shoppers'.
Eienaars Nico en Ronel Dippenaar se wenprys behels 'n oorsese toer na Algarve Portugal vir 10 dae in Junie. Vier jaar gelede het STEERS Groot Brak 'n soortgelyke prys gewen, wat 'n toer na Bali en Singapoer behels het. Hulle wil graag langs hierdie weg elke kliënt bedank vir lojale ondersteuning oor baie jare.
Volgens hulle is die werknemers ook die beste STEERS-span in die wêreld. Hulle staan onder die bekwame leiding van die bestuurder Ritchard Joseph, wat altyd lei deur voorbeeld.
For the month of June, STEERS Great Brak will run a promotion whereby all pensioners spending R30 or more will get a free plain ice cream (Ts and Cs apply). STEERS national approach of 'No Compromise' is proudly supported and adhered to at STEERS Great Brak.

Die vriendelike personeel van Steers Groot Brakrivier by hulle toekennings. Foto: Tersia Marais
'Ons bring jou die nuutste Groot Brak, Tuinroete nuus'