Sponsored Content
MOSSELBAAI NUUS - Duet behuising behels gewoonlik twee huise wat op dieselfde erf opgerig is en aan mekaar geheg is deur ’n gemeenskaplike muur.
Duet eiendomme is as ‘n reël deeltitel eenhede wat beheer word deur die Wet op Deeltitels, die Deeltitelskemabestuurswet en die Gemeenskap Skemas Ombudsman Dienste Wet.
Ons ervaar dikwels dat kliënte onbewus is van die feit dat duet eiendomme in werklikheid ‘n deeltitel eenheid is wat heeltemal ander vereistes inhou as konvensionele eie titel eiendomme. Dit kan lei tot onvoorsiene en ongewenste uitdagings soos hieronder gesien sal word.
’n Paar van die mees algemene struikelblokke wat opduik is die volgende:
- Gemeenskaplike eiendom teenoor uitsluitlike gebruiksgebied areas: Indien die deelplan nie spesifieke areas, soos die tuin of grasperk byvoorbeeld, afbaken as ‘n uitsluitlike gebruiksgebied area nie, sal die area gemeenskaplike eiendom wees. Dit beteken dat elke eienaar in daardie deeltitel skema mede-eienaar is van ‘n onverdeelde aandeel in die tuin of grasperk . Eienaars van duet eenhede moet dus versigtig wees om verbeteringe aan te bring tot areas wat voorkom as jou uitsluitlike area maar eintlik volgens die deelplan gemeenskaplike eiendom is.
- Toevoegings en opknappings aan ’n deeltitel eenheid: Anders as ’n konvensionele titel waar strukturele veranderinge net deur die plaaslike Munisipaliteit goedgekeur moet word, is sulke prosesse meer kompleks en kostelik in die geval van duet behuising. As die grense of vloer grootte van ’n eenheid verskuif of vergroot word, moet die Regspersoon (“Body Corporate”) daartoe toestem, ’n argitek moet genader word om veranderings aan die eiendom se plan aan te bring en ‘n landmeter moet die deelplan ook daarvolgens wysig. Die gewysigde deelplan sal ook in die aktekantoor geregistreer moet word. As die veranderings wat aangebring word ’n sekere grootte oorskry, sal verbandhouers van eenhede in die skema verder ook moet toestemming gee tot die gewysigde deelplan.
- Die Regspersoon: ‘n Regspersoon word outomaties geskep in terme van die Wet op Deeltitels, met die eerste oordrag van ’n eenheid in die deeltitel skema vanaf die ontwikkelaar na ‘n nuwe eienaar. Alle eienaars van eenhede in die skema is lede van die Regspersoon. Die Regspersoon het verskeie verantwoordelikhede wat deur die Wet voorgeskryf word, maar eienaars van duet eenhede dra selde kennis van hierdie voorskrifte, en kom dus nie altyd die wetlike vereistes na nie.
Deeltitel Skemas is ’n hoogs-gespesialiseerde veld wat liefs net deur deskundiges in dié veld hanteer moet word.
Rauch Gertenbach Prokureurs het die nodige regskennis en kundigheid om jou te help met alle deeltitel kwessies.
Kontak ons gerus met enige navrae in hierdie verband en vermy sodoende enige van die bogenoemde struikelblokke.
Sosiale media skakels:
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'