Advertorial
PROMOSIE-ARTIKEL - Dokter Adri du Plessis is die man waarna jy hierdie feesseisoen kan uitreik indien jy 'n tandarts nodig het.
Hy is die nuutste lid van die span by Dr Salome Nell & Dr Paul Kruger tandartspraktyk by Medicross Mossel Bay (Heiderand) Family Medical Centre.
Dokter Du Plessis is nie totaal nuut tot die omgewing nie, maar was die afgelope paar jaar in Kanada. Toe dit kom by die keuse van waar om te bly met sy terugkeer na die land, was Mosselbaai vir hom die logiese keuse. Hy is van Augustus af hier. Voor sy tyd in Kanada het hy self ook 'n praktyk in Heiderand gehad.
Dr Salome Nell & Dr Paul Kruger is 'n gevestigde praktyk op die dorp en verskaf die volle spektrum van tandheelkunde. Die praktyk is van 23 Desember tot 2 Januarie gesluit, maar dit is waar dr Du Plessis inkom. Gedurende dié tyd kan hy vir enige noodsituasies gekontak word op 064 635 8736.
Hy stem saam dat 'n mens nou nie noodwendig 'n tandartsbesoek vir jou feestyd beplan nie, maar raai mense aan om bedag te wees op enige pyne wat hulle dalk mag ervaar, en dan 'n tandarts benodig.
Maar, hy sê mense kan maar "flat out" gaan, hier is 'n dokter beskikbaar!
Die praktyk is op die hoek van Melkhoutstraat en Louis Fourieweg, Heiderand, oorkant die Heiderand Mall.
‘We bring you the latest Garden Route, Hessequa, Karoo news’