Sponsored Content
BUSINESS NEWS - Tienduisende Suid-Afrikaners het geografies gediversifiseerde boedels gevestig. Dit lyk asof hierdie neiging aanhou toeneem en sal aanhou om toe te neem.
Fidusiêre adviseurs moet egter nie die ingewikkeldheid hiervan en die impak daarvan op boedel beplanning onderskat nie.
Suid-Afrikaanse inwoners is in wese vry om hul bates te bemaak aan enigeen wat hulle verkies (onderhewig aan sekere uitsluitings natuurlik), maar 'n aantal lande, waaronder sommige Europese jurisdiksies, het sekere gedwonge reëls met betrekking tot erfopvolging / gedwonge opvolging. Die gevolge van hierdie reëls vir gedwonge opvolging is dat bates oorgedra word aan persone wat die oorledene nie bedoel het om te bevoordeel nie. Met verskillende lande wat verskillende konsepte erken en verskillende faktore verbind met erfopvolging, kan boedelbeplanning kompleks en uitdagend word.
Die Europese Unie se Regulasie met betrekking tot erfopvolging (die “European Union Succession Regulation”) is deur 25 van die Europese Unie-state aangeneem en is van toepassing op alle sterftes op of na 17 Augustus 2015. Hierdie regulasie is daarop gemik om die gevolge van multi-jurisdiksionele testamente en opvolging te vereenvoudig. Die standaard posisie in hierdie regulasie is dat die wetgewing van die staat waarin die oorledene tydens sy dood gewoon het, gebruik sal word vir die verdeling van die oorledene se boedel. Die regulasie maak verder voorsiening dat die erflater wat ‘n burger is van die Europese Unie, sowel as die erflater wat nie ‘n EU-burger is nie die wet van sy land van nasionaliteit mag kies om op sy boedel van toepassing te wees deur so 'n begeerte in sy / haar testament uit te spreek. 'n Suid-Afrikaanse erflater mag dus in sy / haar testament verklaar dat die Suid-Afrikaanse reg van toepassing is op sy / haar bates wat in enige EU-staat geleë is. Dit sal enige interpretatiewe onsekerheid voorkom en onbedoelde resultate uitsluit wat deur middel van gedwonge opvolgreëls mag opduik.
Die Suid-Afrikaanse erflater met bates in 'n EU-jurisdiksie moet dus met die advies van sy / haar boedelbeplanner noukeurig oorweeg of dit die beter besluit sou wees om op die standaard posisie van die EU-opvolgingsregulasie, dit wil sê die gewone inwoningstoets, te vertrou en of dit in die belang van die erflater sou wees om eerder in sy / haar testament te verklaar dat die wet van sy / haar nasionaliteit van toepassing is op daardie bates.
Dit is van kardinale belang dat die Suid-Afrikaanse erflater met 'n multi- jurisdiksionele boedel alle tersaaklike inligting oorweeg wanneer hy / sy so ‘n besluit neem. Die erflater moet deeglik oorweeg of dit nodig is om 'n afsonderlike testament op te stel vir elke jurisdiksie waar bates geleë is, in plaas daarvan om 'n testament te hê wat alle erflatings bevat. Verder moet daar ook oorweeg word of adviseurs binne elke afsonderlike jurisdiksie betrokke moet wees by die boedelbeplanning van die erflater.
Kontak gerus een van ons boedel spesialiste by office@rgprok.com vir verdere inligting of advies. www.rgprok.co.za
Website: https://www.rgprok.co.za/
Facebook: https://www.facebook.com/rgattorneys
Youtube: https://www.youtube.com/channel/UCyb86imA4_BoI0LJvE5cpdA
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'