Advertorial
MOSSELBAAI SAKE-NUUS - Curro Mosselbaai bied aan elke individu die geleentheid om holisties te ontwikkel in 'n veilige en gestruktureerde omgewing.
Die huidige kampus is in 2012 ingewy en in die afgelope ses jaar het die skool se getalle met 50% gegroei. In 2015 word 'n skoolsaal met 'n kapasiteit van 800 mense toegevoeg en verdere uitbreidings in die vooruitsig, sluit 'n laboratoriumgebou in.
Curro Mosselbaai bestaan uit Curro Castle en 'n gekombineerde laer- en hoërskool, wat in dieselfde gebou, dog apart gehuisves word.
Curro Castle is in Junie 2017 uitgebrei en groei van 29 na 76 leerders. 'n Stimulerende kurrikulum word aangevul deur 'n opwindende buitemuurse program. 'n Ondersteuningspan, naamlik 'n arbeidsterapeut, asook spel- en spraak-terapeut, is op die perseel beskikbaar om met vroeë intervensie te help.
In die grondslagfase word klasse gekenmerk aan 'n genotvolle atmosfeer waar vaardighede, 'n liefde vir leer en persoonlike groei gestimuleer word.
Klem in die intermediêre fase is op die ontwikkeling van abstrakte denke en selfstandige werk. Tabletrekenaars word vanaf graad 4 gebruik in pas met vaardighede vereis deur die 21ste eeu.
In die hoërskoolfase word leerders as bekwaam en verantwoordelik gesien en uitgenooi om aktief aan onderrig deel te neem. Alle vakke wat aangebied word, word onderrig om te voldoen aan die vereistes van die KBVA asook die addisionele vereistes van die Onafhanklike Eksamenraad (OER).
Curro Mosselbaai is sedert 2014 'n OER-eksamensentrum. In 2018, het 11514 voltydse en 885 deeltydse matriekleerders die OER-eksamen geskryf. Curro Mosselbaai het spogprestasies behaal met Lara van Rooyen wat in vier van haar vakke in die top 1% landwyd presteer het.
Op kulturele- en sportgebied word deelname in spanverband asook individueel sterk aangemoedig. Gedurende die afgelope seisoen, het van Curro se atlete, skaakspelers en aspirant kunstenaars hulle uitnemendheid getoon deur te presteer op streeks-, nasionale asook internasionale platforms.
Curro is gevestig met die oog daarop om beskostigbare, kwaliteit-onderrig aan die hele gemeenskap te verskaf.
As 'n verlengstuk hiervan, spreek Curro graag ook ander behoeftes binne die gemeensklap aan deur uitreikgeleenthede geïnisieer deur registerklasse, asook die verteenwoordigende raad van leerders (VRL).
Curro Mosselbaai fokus daarop om 'n baken van akademiese uitnemendheid en leierskapsontwikkeling in die distrik te wees.
"Ons glo dat goeie menseverhoudinge kardinaal is om die sukses van 'n skool te kan bepaal. Ons wil dus voortdurend 'n goeie verhouding met ons ouers, maar ook die breër gemeenskap handhaaf deur aktief betrokke te wees," sê Jaco Olivier, uitvoerende hoof van Curro Mosselbaai.
"Curro Mosselbaai is trots op standvastige morele waardes en handhaaf deurgaans 'n Christelike etos. Hoflikheid, vriendelikheid, respek, opregtheid, standvastigheid, onpartydigheid en toegewydheid, is waardes eie aan die skool. In ooreenstemming met ons leuse - Curro Fidenti Animo, waar ons tot ons beste ontwikkel – is ons fokus om 'n baken van akademiese uitnemendheid en leierskapsontwikkeling in die distrik te wees."
Besoek Curro Mosselbaai aanlyn - https://www.curro.co.za/western-cape/curro-mossel-bay, skakel die kantoor (044 693 3488) of stuur 'n e-pos na mbay@curro.co.za.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'