Alle etes word daagliks vars op die perseel voorberei en die spyskaart, wat gereeld met smaaklike nuwe verrassings spog, bied ‘n wye verskeidenheid van toebroodjies, paninis, croissants en quiches. Heerlike bederf wortelkoek, “brownies” en peka-neut pasteie gee die nodige energie om deur ‘n moeilike dag te kom. Vir die gesondheidsbewustes, word daar ook voorsiening gemaak deur “banting” produkte en ‘n verskeidenheid van slaaie voor te sit. Vir die komende winter gaan sop ook op die spyskaart bygevoeg word.
Koffie is egter Coffee@Work se groot aantrekkingskrag en “Beans about Coffee” se produkte word gebruik. Dit is ‘n kuns om konstant heerlike koffie te bedien en hetsy dit filter koffie, cappuccino, latté, espresso of frappe is – almal kom terug vir meer!
Although Coffee@Work is a “on the go concept”, the modern yet homely atmosphere is inviting to have a cup of coffee or light lunch to take a break from the office or even have a meeting with clients. Deliveries to businesses in Marsh street, between Church and Mitchell streets, can be done.
Gevriesde etes soos pasteie, lasagne en kerrie is ook beskikbaar en al die etes het ook “banting” opsies. Op die rakke is daar verskeie interessante konfyte en heuning asook “liquid smoke” en smaaklike vegetariese en glutenvrye happies.