Die wêreld se grootste bierbrouer het die versekering gegee dat hy op die JSE sal noteer - wat vrese besweer dat SABMiller weens ’n samesmelting van die JSE sal denoteer en ’n enorme gaping sal los op dié beurs, waar hy tans die grootste maatskappy is.
Die aanbod kom nadat twee vorige aanbiedinge wat privaat tydens onderhandelinge gemaak is, glo verwerp is.