SUID-KAAP NUUS - Die Santam Landbou Opperste Vleisbeeskampioen word op Vrydagmiddag, 25 Augustus tydens die jaarlikse George-landbouskou by die skouterrein gekroon wanneer daar om dié gesogte titel meegeding word.
Van die beeste wat teenwoordig gaan wees, is kampioene wat groot opspraak gewek het tydens die Bloemfontein-skou en as kampioene in hul onderskeie klasse ge-kroon is.
Wie gaan dit wees - Stansim Big Mac (Simmentaler-bul), Milagro Amy (Simmentaler-koei), Milagro Black Pride (Angus-koei of Knoetzekamma Mamey (Limousin-bul)?
Wees daar en sien self.
Simmentalers
Daar sal agt beesrasse verteenwoordig wees op die skou en die Wes-Kaap Simmentalerkampioenskappe vind ook vir die tweede agtereenvolgende jaar plaas. Besoekers kan hulle reeds vanaf Donderdagoggend, 24 Augustus besigtig.
Die kompetisie vir die beste touleier gaan ook weer aangebied word.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Karoo, Hessequa nuus'