Die bekende landbou-ekonoom, Prof Nick Vink, sal as gasspreker optree en ‘n oorsig van wêreld en plaaslike markte in diereprodukte bespreek. Hierna sal kenners die onderwerpe van ent teen voëlgriep, beweging van voëls en risiko van siekte verspreiding, voeding optimalisering, verhoging van velgraderings en die vordering in eier- en kuikenproduksie oor die afgelope 25 jaar, bespreek. Met die toename in kleinvee boerdery in die area, sal ‘n lesing oor basiese bestuursbeginsels by kleinvee ook bespreek word. Die dag word afgesluit met ‘n gesellige middagete.
Hier is die volledige program:
- 10:00 Verwelkoming: Dr Ilse Trautmann, Hoofdirekteur: Navorsing en Tegnologie Ontwikkelingsdienste
- 10:10 Prof Nick Vink, Universiteit Stellenbosch: Oorsig van plaaslike- en wereldmarkte in diereprodukte
- 10:45: Dr Adriaan Olivier, SAVBK/KKI: Voelgriep – om te ent of nie te ent nie
- 11:15: Dr John Grewar, Epidemioloog, Wes-Kaap Veeartsenydienste, en Dr Adriaan Olivier: Ostrich movement network: how it can influence the risk of introductions of diseases like Avian Influenza
- 11:30: Tee
- 11:45: Prof Ters Brand, Direktoraat: Dierewetenskappe (Elsenburg): Optimalisering van voeding by volstruise vir ekonomiese volhoubaarheid
- 12:00: Dr Anel Engelbrecht, Direktoraat: Dierewetenskappe (Oudtshoorn): Verhoging van velgraderings
- 12:15: Prof Schalk Cloete, Direktoraat: Dierewetenskappe (Elsenburg): Vordering in eier- en kuikenproduksie oor die laaste 25 jaar
- 12:30: Dr Buks Olivier, Direktoraat: Dierewetenskappe (Elsenburg): Basiese bestuursbeginsels by Kleinvee
- 13:00: Middagete
Skakel 044 272 6077 vir meer inligting oor die program.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Klein-Karoo nuus'