MOSSELBAAI NUUS - 'n Inwoner van Aslapark, Charles James (62) het vier weke gelede waatlemoen geplant en spog reeds met twee waatlemoene. Charles maak gebruik van elke stukkie grond op sy erf om iets te plant. Daar is ook kruie, beet en 'n rissieplant.
"Ek plant die waatlemoen aan die anderkant van die heining en trek die vrug dan deur die draad sodra dit begin groei."
Charles sê hy maak soms waatlemoenkonfyt, maar beplan om hierdie waatlemoen vars te eet.
Het jy geweet?
Die waatlemoen (Citrullus lanatus) is 'n vrug met 'n vogtige, soet vlees en die vrug met die hoogste hoeveelheid likopeen. Die vrugvlees is meestal rooi, maar kan ook wit, rooskleurig, geel of oranje van kleur wees.
Die swart pitte van die waatlemoen kom nie voor in 'n enkele holte soos byvoorbeeld spanspek nie, maar lê ingebed in die vrugvlees. Daar kom ook pitlose spesies voor.
Die vrug word meestal geëet deur eers die waatlemoen in stukke te sny en dan die vlees in nog kleiner blokkies.
Charles wys na die waatlemoen.
'n Waatlemoen is ryk aan water, en deur dit te eet kan mens se dors geles word.
Die waatlemoen is waarskynlik afkomstig vanuit die tropiese gebiede in Afrika. Die waatlemoen was reeds in China bekend vóór die Christelike kalender, sommige beweer 1 000 jaar, ander selfs 4 000 jaar vóór Christus.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'