MOSSELBAAI NUUS - 'n Winterkonsert, Verdubbel die Geluk met Petronel Baard en Stef Kruger, word Vrydagmiddag, 30 Junie, by Droombos aangebied, wat op die hoek van die R102 en Sorgfonteinpad in Tergniet, geleë is.
Die konsert begin reeds om 16:00 en beloof 'n 'warm' aand met musiek en tradisionele Afrika-geïnspireerde kosse wat vir die konsert voorberei word.
Volgens Petronel bestaan die vertoning uit pragtige luisterliedjies wat afgewissel word met vrolike strories wat in Stef se geval altyd as "die waarheid" beskryf word.
Stef is 'n bekende liedjieskrywer met liedjies soos Grassade en Pennies op die Spoor uit sy pen. Petronel gaan haar oorspronklike liedere en cover musiek met uittreksels uit verskeie vertonings aanbied.
Droombos is kinder- en hondevriendelik. Kaartjies kos R250 per persoon en besprekings op 082 333 6479 is noodsaaklik. Bring jou eie komberse en drank saam. Warm drankies en soetgoed sal te koop wees.
'n Opedag vir die ateljee en kunsklasse op Droombos word ook Vrydag van 10:00 tot 14:00 gehou.
Stef Kruger
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’