MOSSELBAAI NUUS - Die nou al bekende Hoërskool Goudrif tref die Kaap weer binnekort met hulle skouspelagtige revue-optrede. Dit is die veertiende jaar wat hierdie groep na Hartenbos en Mosselbaai toer met hulle baie gewilde revue.
Vanjaar se tema is The story of my life (Brakpan tot Broadway). Dit handel oor 'n meisie wat grootgeword het in Brakpan, Gauteng. Sy droom daarvan om eendag 'n ster te word, maar haar omstandighede laat haar nie toe nie. Sy probeer iets van haar lewe maak deur te gaan werk, maar helaas besef sy dat sy nie bestem is vir 'n nege-tot-vyf werk nie. Hoop beskaam egter nie, iemand sien haar raak en uiteindelik land sy tog op Broadway waar haar drome bewaarheid word. Gaan sy die liefde van haar lewe nog vertrou of het die blink liggies haar heeltemal verblind?
Hierdie talentvolle groep se optredes is heeltemal gratis. Optredes vind plaas op die volgende datums:
Mosselbaai-stadsaal: Vrydag 22 Junie, Saterdag 23 Junie en Woensdag 27 Junie.
Vir navrae, kontak Mariette Swart (082 412 3528).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'