MOSSELBAAI-NUUS - Moenie dié asemrowende vertoning Vrydagaand, 15 Desember, by Marguerite's Art Café op Mosselbaai misloop nie.
Bekende Mosselbaai sangeres, Petronel Baard, sê: "In Junie vanjaar het ek met die wonderskone Chanette Paul, mee kragte saamgesnoer vir Shed, Sjiek, Woordkuns en Musiek en doen daardie program komende Vrydagaand.
"Dit is 'n baie spesiale woordkuns- en musiek-aanbieding wat inloer by die musiek wat Chanette geïnspireer het met die skryf van haar mooiste boeke - en hulle is almal mooi.
"Dit behels ook musiek wat ek kombineer uit die inspirasie van die temas oor vrou- en menswees en lekker lag tussen al die mooi en seer van die lewe.
Kaartjies kos R350, wat 'n ligte ete insluit. Dit begin 19:00. Skakel 061 541 0770 om te bespreek.
Petronel nooi: "Kom kuier by die lieflike plek, knus langs Mosselbaai-toerisme en The Town's House in Markstraat en geniet ons mooie baai en 'n lieflike vertoning."
Chanette Paul
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus.'