Om stiptelik 08:00 het die hekke geopen en is ernstig begin om elke uitstalling die beste moontlik te maak. In 'n prettige atmosfeer het elke potjie-span begin woeker om hul pot te laat koning kraai.
Aan inisiatief het die nie ontbreek nie en spanne het alles uitgehaal om die oog te trek, van mooie dames in Hawaii-uitrustings tot kleurgekodeerde drag onder die jongklomp.
Om 13:00 het die beoordelaars, die Uitvoerende Burgemeester, Raadsdame Marie Ferreira, munisipale bestuurder, dr Michele Gratz, Karleine Herbst, Adri MacNamara van Dazzle It, en Esca Schoeman van Just a Dore, die onderskeie potjies en stalletjies nagegaan. Elke potjie was van topgehalte en die beoordeling was gewis 'n kopkrapper.
Vyf pryse is vir die beste potjies uitgeloof en Coetzer Bouers, Mosselbaai Begrafnisdienste, IC Crafts, the Beach Bums en Man Alone het met spogpryse weggeloop.
Mosselbaai Begrafnisdienste is ook gekroon as die bes geklede span, terwyl die Beach Bums se gasvryheid beloon is. Die span wat die beste uitstalling gehad het, was die Grashoppers. Die mees ongewone potjie se prys is deur Nestar Stofile ingepalm met haar twee potjies van volstruis en van skaapafval.
Die Purple Puffs se potjie is as die mees oorspronklike aangewys.
Lees ook op die brieweblad die organiseerders se bedankingsbrief aan al die borge.

Man Alone is as karaktervolste persoonlikheid bekroon.
Foto's: Verskaf