Willie, 'n lid van die gilde, het 'n verskeidenheid soet- en southappies gedemonstreer.
Aangesien dit die laaste byeenkoms van die jaar was, het die tema gehandel oor feestelike eetgoed om 'n kaasbord te vervang of te komplimenteer. Dit is natuurlik veral gepas met die oog op die feesdae wat voorlê.
Willie het die klem gelê op hoe die gasvrou met slim beplanning, stylvol kan onthaal. Sy het smaakvolle en interessante sout- en soethappies voorberei wat in 'n japtrap voorgesit kan word. Dit verseker dat die gasvrou haar gaste stylvol kan onthaal sonder om te veel tyd in die kombuis te spandeer sodat sy ook saam kan kuier.
"'n Baie groot dankie aan ieder en elk van ons lede, asook gaste wat die demonstrasiedag bygewoon het. 'n Spesiale woord van dank aan die uitstallers wat teenwoordig was. Julle teenwoordigheid en borg van geskenke komplimenteer die sukses van die funksie."
Die afluitingsfunksie vir 2014 word by die Pinnacle Point Hotel gehou op 6 November, vanaf 10:00 vir 10:30. Die tema is 'Something Pink'. Baie pryse kan gewen word en Kersgeskenke kan aangekoop word. Kaartjies vir lede is R100 en vir nie-lede, R150.
Vir meer inligting, kontak Vanetta Yzelle by 082 701 8201 of Ena Jacobs by 082 416 5304. Kaartjies moet voor 30 Oktober gekoop word.

Keurige happies voorberei vir die Suid-Kaap Fynproewersgilde se demonstrasie. Foto's: Tersia Marais
Klik hier vir 'n fotogalery.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'