Gallery Video
MOSSELBAAI VERMAAKNUUS - Verskeie bekende kunstenaars maak vanjaar vir die eerste keer hulle buiging op die Diasfees-verhoog.
Vrydagaand, gaan die internasionaal erkende en bekroonde Distruction Boyz die voete laat jeuk met hulle genre, gqom.
Saterdag is immergroen Juanita du Plessis en haar kinders, Franja en Ruan Josh, vir die eerste keer saam op die Diasfees-verhoog in Mosselbaai.
Kyk ook uit vir Dewald Wasserfall, Ricus Nel, Rooies en Ivan Roux wat nuut by vanjaar se fees is.
Snotkop moes vanweë ander verpligtinge op nommer 99 aan die program onttrek, maar hy word vervang deur nog 'n nuwe, opwindende item.
Die Heweuls Fantasties sluit Saterdagaand se program met woema af.
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'