Mosselbaai genomineer as 'Dorp van die Jaar'

Mosselbaai.

MOSSELBAAI NUUS - Mosselbaai is genomineer as semi-finalis in die Kwêla Dorp van die Jaar 2017 kompetisie.
 
Die 2 ander Wes-Kaap semi-finaliste is Stilbaai en Gansbaai.

Mosselbaaiers kan seker maak dat die hele land regop sit en kennis neem van ons unieke dorp in die Suid-Kaap.
 
Al wat nodig is, is dat inwoners ‘n SMS met Mosselbaai stuur na 33157, en dat elke inwoner hul vriende en familie motiveer om dieselfde te doen.

Stemlyne is oop tot Dinsdag, 21 Maart om 12:00. Slegs 30 SMSs’e per selfoonnommer word toegelaat, teen R1,50 per SMS.

Begin sommer nou al stem, die tyd is min!
 
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'


Your Comments
Back to Top

Copyright 2017 Group Editors Co PTY Ltd t/a Mossel Bay Advertiser