In haar derde komiese een-vrou vertoning, Internet Sensasie, gaan gehore uitvind dat Mel nou kan sing ook. Mel deel uit eerstehandse ervaring stories vanuit die elektroniese oerwoud vol aandagsoekers en liggelowiges: Oom Riekert se groot fout, ‘n beplande vuisgeveg in ‘n taai plek met die naam KuduKraal, hoe ‘Mel die Storieverteller’ ontstaan het en die siekte op haar voorkop. Die stories is vars, onverwags en bleddie belaglik, maar blykbaar alles waar!