MOSSELBAAI NUUS - Die liggaam van ‘n voormalige leerder van Diaz Primêr is vanoggend met ‘n steekwond aan die bors in Kiewietstraat ontdek.
Mossel Bay Advertiser het met die 13-jarige seun se ouma gesels wie gevra het om nie die oorledene se identiteit bekend te maak nie.
Die slagoffer het saam met sy ouma gewoon en het ongeveer meer as ‘n jaar gelede die skool verlaat.
Suid-Kaap polisiewoordvoerder, Adjudant-offisier Chris Spies het aan die Advertiser bevestig die kind se liggaam is agter ‘n huis gevind.
Met die polisie se aankoms op die toneel is die seun deur paramedici op die toneel dood verklaar.
“Daar word geglo dat die slagoffer die besering opgedoen het tydens ’n woordewisseling by ‘n woning gisteraand, 25 Desember,” sê Spies.
Intussen het die Da Gamaskop polisie ‘n 19-jarige verdagte in verband met die voorval in hegtenis geneem.
Die verdagte staar ‘n aanklag van moord in die gesig en sal na verwagting op Maandag, 29 Desember in die Mosselbaai-landdroshof verskyn.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’