Die gebied vanaf Diazstrand tot by Hartenbos is veral gedurende Desember bekend vir elk en kabeljou.
Diegene wat weet hoe kan met ‘n lewendige springertjie die katrol laat sing wanneer ‘n leervis wat die pad see-in vat. Vir hierdie vegtervis is ‘n lepel ook nie te versmaai nie.