Die Bulls het in die proses ses drieë ingeryg om ’n bonuspunt te verdien. Dis slegs die tweede keer vanjaar dat hulle dit kon regkry om vier drieë of meer in een wedstryd te druk.
Pierre Spies en sy manne het baie goed begin en teen rustyd het hulle reeds drie drieë in die sakkie gehad. Met hul rustyd voorsprong van 24-5 was dit te wagte dat die Bulls in die tweede helfte die bal sou begin rondgooi om meer drieë te druk.