Daar word beoog om in April 'n feesboek uit te bring. Die bestuur vra alle oud-lede wat in besit is van foto's en koerantuitknipsels van die afgelope 21 jaar, om dit aan hulle te stuur vir die feesboek.
Die volgende funksies gaan ook deur die jaar plaasvind ter viering van die mylpaal:
- Familiedag op 27 April. Mej Barbarians Junior en Senior in die D'Almeida Gemeenskapsaal. Kontak Neva Manie (076 624 3214).
- Gholfdag: Die datum moet nog bevestig word. Kontak Leonard Thesner by 083 325 4765.
- Sportdag op 15 Junie: Die klub wil graag oud-spelers uitnooi om 'n "Ou Krok" span saam te stel.
- Gospelaand: Datum moet nog bevestig word. Kontak Jerome van Aswegen (073 631 5437).
- Dinee: Die klub beoog 'n dinee vir al die vorige voorsitters en spelers wat hoogtes bereik het oor die afgelope 21 jaar.
- Kerkdiens: Die Feesjaar sal weer afgesluit word met 'n kerkdiens.