MOSSELBAAI NUUS - Barbarians se veterane wat tussen die negentigerjare tot nou hul staal op die rugbyveld gewys het, gaan Saterdag die geleentheid kry om te wys waarom hulle soveel vrees by die talle spanne waarteen hul kragte gemeet het ingeboesem het wanneer hulle die SWD-veterane tydens die Barbarians se feesdag op die D’Almeida Stadion pak.
Saterdag sal hierdie wedstryd een van die hoogtepunte wees voor die aanvang van die hoofwedstryd wat tussen Barbarians en Heidelberg besleg sal word.
Spelers soos Greg Gerber, Malcolm Gerber, Seppie September, François Pick, Charlton Nomdoe, Robert Seconds, Robert Jansen, Anton Swarts, Clive Uithaler Nolan Khana en Raymond Cameron gaan wys waarom hulle die skare destyds so op hul voete gehad het.
Die wedstryde begin reeds vroeg-oggend wanneer Barbarians ‘n rugby kliniek vir skoolleerders aanbied.
Alle wedstryde begin om 12:00.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'