TUINROETE NUUS - Die totale prysgeld van R95 000 tussen atletiek en fietsry is beslis ‘n groot trekpleister vir Suid-Afrika se topatlete en fietsryers wat reeds aangedui het dat hulle vanjaar aan die Bestmed Eden-straatmylreeks gaan deelneem.
LJ van Zyl, Bestmed-ambassadeur en ook deel van die reëlingskomitee, doen goeie werk as skakelpersoon tussen die atlete en die organiseerders.
Mansatlete van die kaliber is Amos Nyonga, Sibusiso Magwaza, Ruan Meintjies, Jerry Motsau, George Kuche, Daniel Sehole, Nkosinathi Sibiya, Reynard van Rensburg en Ruben Ramalefi. Ranso Magopane en Henkoe Uys moet nog bevestig.
Van die land se topdamesatlete, Anuscha Nice en Simonay Wietsz het reeds bevestig met Keso Molotsane 'n onseker beginner as gevolg van 'n besering.
Atletiekklubs en akademies wat reeds bevestig het dat hulle spanne gaan stuur, is Elana Meyer se Edurocad, Kovsies, Maties, UWK en NWU (Pukke), om maar 'n paar te noem.
Inskrywings kan nog op die dag van die wedlope gedoen word.
Wat fietsry aanbetref het Corné Bence, Eden en Wes-Kaap Fietsry se voorsitter, aangedui dat van Suid-Afrika se topfietsryers wat reeds bevestig het, is Protea-ryers Alex Parsons, Louis Visser, Evan Carstens, Nolin Hoffman, Philo Verlaat, Marshall Hendriks, Arnold de Leeu, Jessica Gerber en Ashley Parsons.
Van die beste opkomende ryers in Suid-Afrika soos Keerigan Arries, Berninio Hans, Merneal Essau en Rico Bence het ook ingeskryf. Dr. Jacques van Staden en Quinton Myburgh (Cycle4Diabetes) en JP Gerber van die Coimbra Cycles het ook aangedui dat hulle gaan deelneem.
Die ontwikkelingsatlete van Weskus, Kaapse Wynlande en Eden het reeds deelname bevestig. Die Acendis-span gaan deelneem.
Van die Wes-Kaap se top opkomende junior fietsryers and atlete gaan ook hulle talent kom ten toon stel.
Die eerste been van die reeks word op Oudtshoorn aangebied en staan bekend as die Bestmed Klein Karoo-straatmyl.
Dit vind op Saterdag 16 Desember in Baron van Reedestraat plaas.
Die tweede been vind op Maandag 18 Desember op die NMU George-kampus (Saasveld) plaas.
Hierdie been staan as die Bestmed Madibaz-straatmyl.
Die derde been vind op 20 Desember by die ATKV-terrein, Paardekraalweg, in Hartenbos plaas as en staan nou bekend as die Bestmed ATKV-straatmyl.
Die atletiekstraatmyle word in die volgende kategorieë aangebied: Sub-juniors, Juniors, 40+ en elite/ope.
Daar is ook vanjaar addisionele pryse vir die eerste Eden (SWD)-atlete oor die wenstreep.
Die fietsry mylren (Oudtshoorn), asook die kermesse (NMU) se kategorieë is, o.9, o.11, o.13, o.15, o.17; elite, o.23, veterane -34, veterane 35-49 en veterane 50+.
As deel van hulle gemeenskapsprogram, bied Bestmed ook strandaktiwiteite aan op 22 Desember by Hartenbos en 23 Desember by Heroldsbaai.
Pryse van meer as R10 000 is op die spel vir vakansiegangers.
Tydens die drie straatmyle het Bestmed ook stalletjies waar gesinne pryse kan wen.
"Sonder borge van formaat kan so 'n reeks beslis nie aangebied word nie," het Dave van der Walt, operasionele bestuurder van die Klein Karoo-atletiekfonds gesê.
Aanvullend tot die borge reeds genoem, is EDENfm (radioborg), Group Editors (mediaborg), ATKV (Hartenbos), Oudtshoorn Ford (voertuigborg), Klein Karoo Internasionaal en die Wes-Kaap departement van kultuursake en sport.
Akkommodasie is beskikbaar in die Huis Archer-koshuis op Oudtshoorn. Belangstellendes kan Stephnie McKay by 082 098 8439 kontak.
Besoek www.edenmiles.co.za vir meer inligting.
Alle reëlings rondom die byeenkomste en akkommodasie kan ook op dié webtuiste gevind word.
Vir enige navrae kan kontak asseblief die organiseerders deur www.edenmiles.co.za
Program
Bestmed Klein Karoo-straatmyl
07:00: Registrasie - Kleinplaas Vakansieoord.
09:00: Begin van fietsry - Baron van Reedestraat, oorkant Kleinplaas.
10:00: Begin van hardloop-straatmyl - Baron van Reedestraat, oorkant Kleinplaas.
Alle straatmyle eindig voor Karoopot Restaurant.
12:00: Prysuitdeling.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'