Gallery Video
SPORTNUUS EN VIDEO'S - Die Suid-Kaap se kwalifiserende Sterkman-kompetisie, is die afgelope Saterdag in bewolkte, koel weer by die Seefront in Hartenbos aangebied.
Drie Suid-Afrikaanse rekords en 'n nie-amptelike wêreldrekord is opgestel in die doodstoot gewigoptel-item. Die rekord van 245kg vir juniors o.16's het die meeste mense laat gons.
Shane Jensen, president van die Suid-Kaap se Sterkman-Unie, en ook die wenner van die Afrika Sterkman-kompetisie, vertel dat die sport nog nie so 'n groot aanhang in die Wes-Kaap het soos in die res van die land nie.
Daar het wel heelwat mense van Gauteng gereis om te kwalifiseer vir deelname aan die Suid-Afrika Sterkman-kompetisie, wat in September plaasvind.
Die top-drie in elke afdeling kwalifiseer om aan die Suid-Afrikaanse byeenkoms op 23 en 24 Augustus in Rustenburg deel te neem. Shaun Boshoff van Mosselbaai, is 14 jaar oud en het aan sy eerste Sterkman-kompetisie deelgeneem.
FOTOGALERY: Sterkman-kompetisie bring opwinding
Hy slaag daarin om 'n Suid-Afrikaanse en Suidelike halfrond rekord te verbeter met die gewig van 245kg wat hy gelig het. Hy het sowat 'anderhalwe jaar gelede begin oefen en vier maande gelede begin om op gewigoptel te konsentreer.
"Ek is baie opgewonde oor die vooruitsige en wil kyk hoe ver ek kan gaan."
Joan Swart (57) van Jongensfontein, het ses jaar gelede begin om gewigoptel te doen. Weens die COVID-19 epidemie het alles egter tot stilstand gekom.
Ondanks die Chinese pes, is dit maar die tweede kompetisie waaraan sy deelgeneem het. Sy slaag met 'n doodstoot van 220kg rn verbeter die SA rekord sonder probleme. Haar volgende mikpunt is nou gestel op die Walvisfees op Hermanus en die SA byeenkoms in Augustus.
Johan du Toit van George het ook 'n vakante rekord opgestel in die Meesters 105kg afdeling met 'n stoot van 319kg. Darren Pottick, van Gauteng, is aangewys as die algehele junior wenner (o.16), vir die Suid-Kaap Sterkman-kompetisie.
VIDEO - Shane Jensen vertel meer oor kompetisie
VIDEO - Danovan le Roux in aksie met eerste troktrek.
VIDEO - Reuben Jansen van Rensburg gesels met ons
VIDEO - Shaun Boshoff gesels oor sy rekord.
VIDEO - Joan Swart gesels met ons
VIDEO - Johanna Davids gesels met ons
VIDEO - Johan du Toit gesels met ons
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’