TUINROETE NUUS - Die 16de Outeniqua-rolstoelwedren (OCC) vir gestremde atlete word op Sondag, 18 Februarie in George deur die Disabled Road Race Foundation (DRRF) aangebied.
Alle aktiwiteite vind plaas by die Race Village langs Halfway Toyota in Courtenaystraat naby die Garden Route Mall.
Bekroonde en beminde radiopersoonlikheid Martelize Brink is een van die bekendes wat vanjaar deelneem.
Dit is die tweede keer wat sy deelneem, maar vir haar gaan dit nie oor die kompetisie nie.
"Dit is vir my 'n wonderlike ervaring en lekker oefening om deel te neem, al doen ek dit nie vir die kompetisie nie," vertel Brink.
Die program lyk soos volg:
Die 10km-resies begin Sondagoggend om 07:00 vanaf die Race Village, gevolg deur die halfmarathon (21,1km) en marathon (42,2km) om 08:00, en die 5km-pretitem wat om 11:00 begin.
Die publiek word ook genooi na die amptelike openingsfunksie Saterdag om 18:00 by die Race Village en die oorhandiging van medaljes Sondag tussen 12:00 en 13:00 aan die wenners by die Race Village.
Toegang is gratis.
Vir meer inligting, kontak Alewijn Dippenaar (082 457 5675).
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'