MOSSELBAAI NUUS - Die Neill Calitz-skietklub se klubkampioenskap vir 2017 het Saterdag op die Pienaar-skietbaan plaasgevind.
Nico Venter en Suzette Herrer het met die louere in onderskeidelik die mans- en-vroue afdeling vir die jaar weggestap met die Nico die algehele klubkampioen van die jaar.
Suzette is ook aangewys as die skut wat op Woensdae die beste presteer het.
Sy en Nico het ook die prestasie behaal om aangewys te word as die beste mans- en vroueskuts van die dag.
Tydens Saterdag se klubkampioenskap het Ivan Maddison in die afdeling vir mans baie goed presteer terwyl Johanna Germishuys en Mariska van Wyk in die afdeling vir vroue ook hul slag gewys het.
Mariska het in die 9mm verras deur die beste telling van die dag te skiet.
Spesiale toekennings is aan Danie le Roux en Eugene Barnard oorhandig vir hulp en opoffering wat hulle aan die klub verleen.
Groot dank gaan ook aan die baanoffisiere, Danie le Roux, Marius van Wyk en Willie Germishuys wat sorg dat alles altyd vlot en veilig op die baan verloop.
Die kompetisie is deur Group Editors en die lede self geborg.
Volgende jaar se eerste kompetisie sal op Saterdag, 3 Februarie plaasvind terwyl die datum van die eerste Woensdag-skietoefening vir 2018 vroeg in Januarie bekendgemaak sal word.
Die groep kuier lekker saam.
Uitslae
- Mans
10m: 1. Willie Germishuys en Ivan Maddison; 3. Nico Venter; 4. Marius van Wyk; 5. Chris Boshoff. - 20m: 1. Ivan Maddison; 2. Nico Venter; 3. Chris Boshoff; 4. Marius van Wyk; 5. Willie Germishuys.
- Bewegende teiken 20m: 1. Nico Venter; 2. Eugene Barnard; 3. Ivan Maddison; 4. Gert Nel; 5. Willie Germishuys.
- Snelvuur 20m: 1. Nico Venter; 2. Willie Germhuys; 3. Marius van Wyk; 4. Gert Nel; 5. Ivan Maddison.
- Bewegende teiken 10m en silhouette: 1. Nico Venter; 2. Ivan Maddison; 3. Marius van Wyk en Chirs Boshoff; 5. Eugne Barnard.
- 9mm: 1. Nico Venter; 2. Willie Germishuys; 3. Gert Nel en Chris Boshoff; 5. Danie le Roux.
Vroue
- 10m: 1. Suzette Herrer; Soekie Boshoff; 3. Mariska van Wyk.
- 20m: 1. Suzette Herrer; 2. Mariska van Wyk; 3. Johanna Germishuys.
- Bewegende teiken 20m: 1. Johanna Germishuys; 2. Suzette Herrer; 3. Mariska van Wyk.
- Snelvuur 20m: 1. Suzette Herrer; 2. Mariska van Wyk; 3. Johanna Germishuys.
- Bewegende teiken 10m en silhouette: 1. Suzette Herrer; Mariska van Wyk; 3. Johanna Germishuys.
- 9mm: 1. Mariska van Wyk; 2. Johanna Germishuys; 3. Suzette Herrer.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'