MOSSELBAAI NUUS - Eden Posduif-federasie se duiwe het die afgelope naweek vanaf Hopetown (540km) gevlieg. In die Mosselbaai-klub was dit Fanie Mollentze wat eerste 'n jaaroud geklok het en Chappie Gertenbach (Champmar) wat eerste 'n duif in die ope-afdeling geklok het.
Chapmar se duiwe het besonder goed presteer deurdat hy ook die tweede en derde plekke en 'n verdere vier plekke in die jaaroud-afdeling inneem en behalwe vir die eerste plek in die ope, ook 'n verdere tweede en 14de plek in dié afdeling behaal.
Veiling
Mollentze se duifie wen ook vir hom die klubveiling, met Hekka Fourie wat die tweede tot vierde plekke inneem en Cas le Grange die vyfde plek. Die gesogte biltong- en droëworsgeskenkpak wat deur nuwe lede, Hannes en Bernadette Grové gemaak en geskenk is, is deur Tol Nel gewen.
In die Outeniqua-veiling is dit Jan Marais wat die wenner klok met Chapmar tweede en Barnard Lofts B derde.
Juniors
Die duiwe van die juniorlede bring ook hulle kant en in die jaaroud klok Marzaan van der Linde die wenner met JW Schutte wat die eerste plek in die ope inpalm.
Uitslae
Jaaroud: Fanie Mollentze (1, 8, 16); Chapmar (2, 3, 15, 22, 24, 26); Jan Marais (4, 14, 19, 20, 25); Van Eeden Lofts (5); CBS (6, 27, 28); Hekka Fourie (7, 10); Hartman Hokke (9); Le Grange Hokke (11); Tol Nel (12); Gillroy 1 (13); 4 J lofts (17); Barnard Lofts B (18, 29); Gert Wessels (21, 23); Barnard Lofts A (30).
Ope: Chapmar (1, 2, 14); Barnard Lofts A (3, 12); Van Eeden Lofts (4); Le Grange Hokke (5, 6, 8, 16, 19); CBS (7); Jan Marais (9, 15, 30); Gillroy 1 (10, 20, 21, 29); Gillroy 2 (11, 23); R&R Lofts (13, 24); Fanie Mollentze (17, 26); Barnard Lofts B (18, 22, 25); Hekka Fourie (27); Daan Stander (28).
Die biltong- en droëwors-gelukspak.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'