MOSSELBAAI NETBALNUUS - Hoërskool Punt se eerste netbalspan het tydens die Maart-vakansie in George aan die topskole-netbaltoernooi deelgeneem.
In hulle poel speel hulle die volgende wedstryde (Punt tellings eerste): vs Jeugland 18-27, vs Grens 27-11, vs Zwartkop 15-20, vs Bredasdorp 34-20, vs Jim Fouche 23-34.
Die meisies eindig vierde in hul poel en speel uit teen: vs Affies 16-36, vs Outeniqua 25-15.
Punt moes teen Langenhoven uitspeel vir 'n vyfde of sesde plek. Langenhoven was egter nie beskikbaar nie en Punt speel teen Hugenote en wen 22-11. Punt se eerste netbalspan eindig vyfde uit 12 skole, 'n uitstekende prestasie vir 'n baie jong span.
Die finaal is tussen Affies en Zwartkop en Affies wen 25-20.
Punt sê baie dankie aan hulle borge: Just Property, TMK Landmeters, Du Toit Lambrechts Inc., Seesig Motors, Hartenbos Slaghuis en AG Projects.
Hoërskool Punt se eerste netbalspan het tydens die Maart-vakansie in George aan die topskole-netbaltoernooi deelgeneem.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'