HARTENBOS NUUS - Die eindstryd van die Hartenbos-rolbalklub se Pro 10-klubkompetisie het op Woensdag 5 Augustus in Hartenbos plaasgevind.
Die wenners was Renier Nel en Jan Joubert.
Die tweede plek het aan Pat Stockwell en Harry Wilesmith gegaan. In die derde plek was Manie Lombaard en Gideon Swanepoel.
Die pryse is deur Truda Styger oorhandig, wat ook as kompetisiesekretaris opgetree het.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’