MOSSELBAAI NUUS - Die St Blaize-modelvliegklub het op Saterdag, 8 Maart 'n geslaagde fly-in aangebied.
Ongeveer 16 vlieëniers het die toeskouers vermaak met hul vliegvernuf.
Thinus Malan van George het veral die toeskouers na hul asems laat snak met die toertjies wat hy met sy helikopters gedoen het.
André le Roux van Oudtshoorn het ook die toeskouers vermaak met sy straler wat hy gevlieg het.
Die 17-jarige skoolseun, Matthew Going, van Kaapstad het die hardebaarde kom wys hoe 'n vliegtuig swaartekrag uitoorlê.
Thinus Malan van George het 'n uitstekende vliegvertoning aangebied met sy radiobeheerde helikopter.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'