MOSSELBAAI NUUS - Tydens die afgelope jaareindafsluiting van Eden Cycling is twee van Le Peleton-fietsryklub op Mosselbaai se lede beloon vir hulle harde werk en prestasies gedurende die 2018 jaar.
Hulle het met die twee gesogste toekennings weg gestap, naamlik junior sowel as senior sportvrou van die jaar.
Linél Engelbrecht is aangewys as die junior sportvrou van die jaar. Sy het ook haar Eden en Wes-Kaapkleure vir fietsry verwerf. Linél het deur die jaar konstant presteer in pad- sowel as bergfiets met verskeie podium posisies.
Annemie Koen is aangewys as die senior sportvrou van die jaar. Sy het ook haar Wes-Kaapkleure vir fietsry verwerf. Annemie het deur die jaar verskeie prestasies behaal in pad- sowel as bergfiets en spog ook met talle podium posisies.
Buiten die twee lede se besondere prestasies het Le Peleton-fietsryklub 'n meriete sertifikaat ontvang vir die bydrae wat gemaak word ten opsigte van fietsry.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'