Video
MOSSELBAAI NETBALNUUS EN VIDEO - Met die netbalseisoen en ander sportkodes wat net aan die gang begin kom het, was die jongste verandering aan die Covid-19-regulasies 'n teleurstelling, aangesien kontaksport by skole verbied word.
Laerskool Hartenbos het egter gevoel dat hulle wel hul eerste netbalspan se 10 spelers se klere wil oorhandig.
Verlede week het ouers en afrigters tydens 'n funksie by die skool hierdie geleentheid gevier.
Na die verwelkoming en oorhandiging van die klere het die skoolhoof, Werner van Huyssteen in sy toespraak vir die spelers 'n paar aspekte van respek uitgelig.
"Respek vir jouself en jou liggaam. Respek vir volwassenes wat met jou werk, soos jou afrigters en ouers. Respek vir jou maats," het hy uitgebrei.
Laastens het Van Huysteen die spelers vertel van respek vir jou skool. Na die bedankings is eetgoed voorgesit.
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'