TUINROETE DISTRIK SPORTNUUS - Mosselbaai se bergfietsspan het onlangs die driedagwedren, Trek2Teebus in Steynsburg gewen.
Antionette du Preez en Elise Swanepoel het vanaf 23 tot 25 April aan die gewilde wedren deelgeneem en ook as die algehele wenners van die vrouespan klaargemaak.
Die twee Mosselbaaiers het in drie dae 'n totaal van 208km afgelê.
"Die Karoo was nog altyd 'n pragtige deel van ons land.
"Die uitgestrekte vlaktes en eindelose oop ruimtes kan mens maklik laat klein voel, maar dit skep die ideale geleentheid om terug te sit, diep asem te haal en jou hart te verloor in die stilheid van die oop vlaktes," sê Du Preez en Swanepoel.
Antionette du Preez en Elise Swanepoel.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'