TUINROETE DISTRIK GHOLFNUUS - Die Suid-Kaap Sagesgroep het in groot getalle Dinsdag, 12 Oktober op Stilbaai bymekaargekom vir 'n vierbal alliansie met drie stablefodtellings, wat op al die putjies bymekaargetel is..
"Soos gewoonlik is al 64 spelers gasvry deur Stilbaai-gholfklub ontvang en op 'n heerlike ontbyt getrakteer," het Marius Loubscher van Sages gesê.
Die volgende vierballe het die beste gevaar:
- Branco Celica, Alwyn Vorster (Stilbaai), Chris Barnard en Dawid Gerber (Mosselbaai) 128
- Martin en Eleonor Speelman (Mosselbaai), Gary Ristow en Willie Roos (Stilbaai) 127
- Flip en Bernice Cloete (Mosselbaai), Danie Botes en Tony Bailey (Stilbaai) 121
- Grové Koch, Josef Botes (Riversdal), Charl Marais en Pinoc Jacobs (Stilbaai) 121
- Denzel Geldenhuys, Davie Roberts (Riversdal), Janet Ristow en Anton van Eeden (Stilbaai) 120
- Billy van der Westhuysen, Jimmy Sherman, Johan Swart en Tony Postma (Stilbaai) 119
Naaste aan die penne
- Marius Loubser (Boggomsbaai) op 2/11
- Denzel Geldenhuys (Riversdal) op 8/17.
Spogtwees
- Piet van Wyk, Dirk Bosman, Tony Muller, Jan van Wyk, Craig Porteus, Marius Loubser en Charl Marais.
Die volgende Sagesbyeenkoms is die Kansadag op Mosselbaai op 25 Oktober. Die formaat is 'n gekombineerde stableford-kompetisie.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'