MOSSELBAAI NUUS - Mosselbaaiers is dié naweek goed verteenwoordig by die 150ste Britse Ope-gholfkampioenskap wat van 14 tot 17 Julie op die St Andrewsbaan in Skotland plaasvind.
Louis Oosthuizen, ons eie plaaslike 2010 Britse Ope-kampioen, is 24ste op die ranglys vir die toernooi.
Twee Mosselbaaise gholfjoggies (caddies), Wynand Stander en Johan Swanepoel, ondersteun onderskeidelik vir Oosthuizen en Christiaan Bezuidenhout tydens die kampioenskap.
Beide joggies het al in verskeie toernooie 'n belangrike ondersteunende rol vir hierdie spelers gespeel.
Johan Swanepoel en Wynand Stander, beide Mosselbaaiers en onderskei-delik joggies vir Suid-Afrikaanse gholfspelers Christiaan Bezuidenhout en Mosselbaaier Louis Oosthuizen, vroeër die week op die St Andrews-gholfbaan in Skotland afgeneem.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'