Update
MOSSELBAAI NUUS - Kass Muller, 'n 12-jarige gholfspeler van Erika Primêre Skool en ook 'n lid van die Louis Oosthuizen-gholfakademie, het op 25 November na Mauritius vertrek, waar hy tot 4 Desember aan 'n gholftoernooi deelneem.
Kass se pa, Kelvin het vandeeweek berig dat Kass hom gate uit geniet in Mauritius.
Kass is ook deel van 'n groepie wat Louis Oosthuizen sal ondersteun tydens sy deelname aan die AfrAsia Bank Mauritius Ope wat by die Heritage Resorts gehou word vanaf 30 November tot 3 December voor hy terugkeer na Mosselbaai.
Kass Muller is gereed om sy merk in Mauritius te gaan maak.
Lees meer oor Kass en sien ook 'n video-onderhoud met die belowende jong speler voor sy vertrek verlede week: 12-Jarige gholfer wil skitter in Mauritius
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'