Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Kass Muller, ‘n 12-jarige leerder van Erika Primêre Skool wat môre stoksielalleen vertrek na sy eerste internasionale gholftoernooi in Mauritius se ma, Marinda beskryf hom as ‘n “ou man”.
Wanneer Kass aangestap kom oor die dryfbaan by Pinnacle Point waar hy feitlik daagliks drie ure lank oefen, is sy selfvertroue ooglopend.
Die mannetjie is die jongste lid van die Louis Oosthuizen-gholfakademie, waarvan hy al drie jaar lank lid is.
Die spelers word jaarliks geëvalueer en danksy die feit dat Kass sy skoolwerk net so ernstig opneem as sy gholf en ‘n toppresteerder is, het hy sy plek reeds vir 2018 ook verseker.
Hy is ook lid van die Suid-Kaap o/13-gholfspan.
Hy skryf vandag nog sy laaste eksamenvak, maar sê sy tassie is gepak vir die groot reis, ook sy eerste keer per vliegtuig.
Sy afrigter sal hom vergesel hom. Hy het sy jaar op ‘n 28 voorgee begin en staan nou met trots op 17.
“Die gholfspelery is eintlik my pa se skuld. Hy’t my altyd saamgesleep gholfbaan toe,” vertel Kass, wat op sewejarige ouderdom begin gholf speel het.
Vandag, erken hy is hy egter glad nie spyt nie, want dis daar op die gholfbaan wat hy besluit het om ‘n professionele sportman te word.
Hy sien baie uit na die toernooi in Mauritius. “Ek voel ‘n bietjie senuweeagtig, maar ek vertrou die Here sal my veilig terugbring huis toe.”
Kyk 'n video hieronder:
Weer met sy kermerkende seflvertroue sê hy, hy beplan “om goeie gholf te gaan speel en homself te geniet”.
Marinda sê die gholfspelery is groot toewyding. “Dis elke Sondag. Aan die begin het ek maar geskel, want dan moet ek caddy vir dié een en dan weer vir die ander.”
Nou is sy egter bankvas agter haar seun.
Kass Muller saam met sy ma, Marinda.
Kass glo sy sukses op die baan het te doen met sy fokus en die feit dat hy die spel so geniet. Hy se jong mense moet nooi hulle drome opgee nie.
“No matter what. Hulle moet net aanhou, maak nie saak hoe swaar hulle kry nie en hulle drome volg,” gee hy raad soos ‘n “ou man”.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'